Innovering word beloon

1 Desember 2016

 

Pryse vir innovering in argitektuur is onlangs deur die Amerikaanse Instituut van Argitekte (AIA) toegeken. Die TAP/CCA Innoveringstoekenning word in vier verskillende kategorieë toegeken en fokus op tegnologie en praktyk wat die lewensbestuur van geboue bevorder.

Die kategorieë is:

*’Stellar Design’

Astana Expo City 2017 is tans onder konstruksie in Astana, Kazakhstan. Die argitekte, Adrian Smith + Gordon Gill Architecture, het alles uitgehaal om die gebou so energie- en koolstofneutraal as moonlik te maak. Spesiale glas, temperatuur regulering, die stoor van energie om in tot twee dae se behoeftes te voorsien, al die reënval per jaar word op terrein bestuur, en sowat 90% van die afval wat op die terrein geproduseer word, sal herwin word.

Die Epic Deep ruimte-ouditorium deur Cuningham Group Architecture, Inc. in Wisconsin, VSA, is eervol vermeld.

*Uitmuntendheid in projeklewering en konstruksie-administrasie

Ook in Wisconsin is die Froedtert en Mediese kollge van Wisconsin sentrum vir gevorderde sorg, deur Mortenson Construction en Cannon Design. Hier is tot ‘n groot mate van die nuutste tegnologie vir virtuele ontwerp en konstruksie gebruik gemaak. Só kon die ontwerpspan (ingenieurs en argitekte) ook maklik kommunikeer oor spesifieke uitdagings – en moontlike oplossings. Deur met ‘n enkele model te gebruik het die span die heen-en-weer vra vir inligitng sowat gehalfeer, vergeleke met ‘n vorige, soortgelyke projek waaraan hulle ook saam gewerk het. Boonop kon hulle – en dit is seker waarom die prys aan hulle toegeken is – vyf ekstra verdiepings by die ontwerp gevoeg sonder om die datum van voltooiing uit te skuif.

*Praktyk-gebaseerde of akademiese navorsing, kurrikulum, of toegepaste tegnologiese ontwikkeling

Geen prys is toegeken nie, maar Payette se Glazing & Winter Comfort Tool is eervol vermeld.

*Voorbeeldige gebruik in ’n klein firma

Studio Talo Architecture het die prys gewen vir die Youth & Opportunity United-gebou in Illinois. Deur die ontwerp op ‘n amperse interaktiewe manier aan te pak – die skep van verskeie 360-grade virtuele realiteitsvideos van die gebou en binneruimtes gevul met hologramme van jongmense wat die gebou en die nie-regeringsorganisasie daaragter verduidelik – kon Studio Talo die jeug en gemeenskap inlig oor die impak wat die gebou op hul lewens sal hê.

Leave a Reply