Ter nagedagtes aan Elaine Aucamp – stigterslid van Stellenbosch Belangegroep

16 Maart 2020

Elaine Aucamp, ‘n bekende, kleurryke figuur in Stellenbosch, is in Januarie vanjaar oorlede. Sy was aktief betrokke en toegewyd tot die bewaring van Stellenbosch se kultuurerfenis. As stigterslid van die Stellenbosch Belangegroep het sy ook van 1995 tot 2019 op die komitee gedien.

Met haar entoesiastiese liefde vir argitektuur, tuine en landskappe het sy mense bewus gemaak van kultuursake in Stellenbosch. Die Stellenbosch Belangegroep het ook ryklik geput uit Elaine se voorliefde vir detail en haar deskundige ondervinding, tesame met haar vermoë om idees en gedagtes goed te verwoord. Sy sal onthou word vir haar onselfsugtige toewyding tot die dorp se historiese samehang en haar integriteit ten opsigte van die dorp se ontwerp en beplanning.

Elaine het aan die UK se Michaelis Skool vir Skone Kunste studeer. Van 1968 tot 1998 was sy dosent by Stellenbosch Universiteit se Departement Drama doseer en die hoof van die Kostuum Departement. Sy was geliefd onder studente. Hulle het haar dikwels, selfs na voltooing van hul kursusse, opgesoek om te gesels.

Elaine word oorleef deur haar drie kinders, Emilie, Armand en Marc, asook haar kleinkinders.


 

Leave a Reply