Onder buitegewone omstandighede

18 Maart 2020

Ons lewe in buitengewone tye en moet opnuut aandag gee aan ons omgewing en medemense.

Maar ook in buitengewone tye gaan ‘n gewone lewe voort. U kan die klein nuusitems wat volg lees binne die konteks van nuwe omstandighede wat elke dag verander. Die gewone, buitengewone en spesifiek plaaslike is verweef.

U sou hierdie nuusbrief twee weke gelede gekry het, was dit nie vir ‘n tegniese probleem weens beurtkrag nie. Omdat die Woordfees vir meeste van u op Stellenbosch ‘n druk tyd is, het ons besluit om die nuusbrief na die afloop van die Woordfees te stuur. Vóór die Woordfees uitgeloop het, het ons ‘n President se riglyne vir die plaaslike bestuur van ‘n wêreldramp en waardige advies vir medelewende optrede aangehoor.

In die ramp wat ons nou belewe was daar net politieke leiers elders in die wêreld wat soms verwys na ‘n ander land se siekte en vreemdelinge van elders wat ‘n bepaalde land se mense sou aansteek.

Maar die politieke leiers en gemeenskappe neem nou meesal kundige raad in ag. So ‘n reaksie op die ramp is aanduiding van rasionele gemeenskaplikheid en ‘n besef dat almal moet help om brose en blootgestelde groepe in die samelewing te beskerm.

Daar is vele maniere waarop mense, gemeenskappe en state op ‘n ramp kan reageer. Om ander se belange in ag te neem, is meesal ‘n volhoubare manier van doen. Ons kleiner belange by spesifieke sake word so deel van groter, gemeenskaplike belange.

So’n bewussyn help ons nou. Dit sal ons ook met die veel groter omgewingskrises wat stadig maar seker op hierdie aarde in aantog is.

Leave a Reply