Goedkoop koop is goed koop mits die ontwerp goed is

25 November 2019

Die gesegde dat goedkoop koop duur koop is, is pas ’n keer verkeerd bewys binne ‘n verband waar mens juis sou verwag dat die gesegde ‘n vaste waarheid verwoord. ‘n Familiehuis op ‘n plaas in Ierland het pas die Royal Institute of British Architects (RIBA) toekenning vir die beste huis 2019 ontvang. Die huis, ontwerp deur die argitekte McGonigle McGrathhe, is op ’n uiters karige begroting gebou. Om binne die beperkte begroting van die huiseienaar te bly, asook om by die omringende plaasgeboue in te pas, is die mure van die huis uit gewitte beton en ook met sinkplate gebou. Volgens die president van RIBA demonstreer hierdie toekenning hoe ‘n droomhuis met talentvolle ontwerp, nie onbekostigbaar hoef te wees nie.

 

Leave a Reply