Fietsrakke neem standpunt in as standbeelde in Stellenbosch

27 September 2017

Strijdom van der Merwe
Paper Clips
Poskantoor, Pleinstraat

Fietsrakke as beeldhouwerk is die tema van Stellenbosch se buitelug beeldhoutrust se nuwe tentoonstelling in Stellenbosch.  Dit sluit aan by ‘n beweging in baie wêreldstede en dorpe waar ruimte skaars is om innoverende fietsrakke aan te moedig.  In party van die dorpe en stede is daar elke jaar ‘n prys vir die nuttigste ontwerp om fietse op sypaadjies en ander ruimtes te parkeer.

In die tentoonstelling nou in Stellenbosch is werk deur Strijdom van der Merwe, Gerhard van Eck, Guy du Toit, Marne Viljoen en Jacques Buys reeds op straat te sien.  In die komende weke kom meer werke deur die volgende kunstenaars:

 

Pieter Mathews

Mandilakhe Belem

Porky Hefer

Jean Louw

Izanne Wiid

Gavin Younge

Ian Marley

Nico van Loggerenberg

Jaco Sieberhagen

Gerhard van Eck
Dance of Life
Hoek van Andringa & Kerkstraat

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Jacques Buys
Rain Crier
Hoek van Drostdy & Van Riebeeck Str

Marne Viljoen
Five Things Found
122 Dorpstraat (langs die Farmer’s Daughter boutique)

Leave a Reply