Diefstal van koperplate bly ‘n kopseer

31 Augustus 2017

Diefstal van koperplate op historiese geboue bly ’n probleem, nie net in Stellenbosch nie, maar ook elders in die land. Koperplate is duur en kan gou weer ’n teiken vir diefstal wees. Blou keramiekplate is ’n klaarblyklike oplossing, maar is duur en moet meesal in groter hoeveelhede bestel word. Plastiek, en elektroniese toepassings om inligting vir belangstellendes buite geboue beskikbaar te maak word toenemend elders in die wêreld gebruik.  Ook dit vra om ’n groter uitgawe voordat die koste verhaal kan word.  Intussen bly die diefstal van koperplate ’n probleem.  Die meegaande fotos is die afgelope week op twee opeenvolgende dae geneem by Devonshire-huis in Stellenbosch se middedorp, naby die bopunt van Kerkstraat.

 

Leave a Reply