Die Stellenbosch Erfenis Inventaris en Bestuursplan

7 Junie 2018

Die Stellenbosch Erfenisopname en Bestuursplan is innoverend, gesaghebbend en ’n besondere mylpaal vir Stellenbosch. Dit is op 23 Mei 2018 deur Erfenis Wes-Kaap goedgekeur.

Die Stellenbosch Erfenisopname en Bestuursplan is ’n oorsigtelike erfenisopname vir Stellenbosch, Franschhoek en die distrik. Dit is vooruitgegaan deur ’n vorige erfenisopname vir die Stellenbosse middedorp deur die Stellenbosch Erfenis Stigting. Met dié twee opnames is ‘n wesenlike gedeelte van die opname vir Stellenbosch en distrik nou voltooi. Ter wille van goeie bestuur moet dit nou met tersaaklike inligting in die munisipale databasis versoen word.

Professor Fabio Todeschini en Liana Jansen het die werk vir die pas voltooide opname en plan gelei. Kundiges uit verskillende dissiplines wat tot die opname bygedra het, is onder meer Dr. Antonia Malan, Claire Abrahamse, Marike Franklin, Nicholas Wiltshire, Jenna Lavin en Shawn Johnstone.

Die verslag en oorsigkaart kan op die SES-webwerf gesien word.(http://www.stellenboschheritage.co.za/stellenbosch-municipality-heritage-inventory)

Vir ’n vinnige oorsig:

  • Lees die fassinerende historiese oorsig deur Dr. Antonia Malan
  • Lees die aanbevelings op bladsye 50-57 van die Fase 3-verslag
  • Verken die interaktiewe oorsigkaart

 

Leave a Reply