Die Pritzker-verrassing – goed of nie?

4 April 2017

Die ontvangers van die 2017 Pritzker-prys vir argitektuur is die redelik onbekende firma RCR Arquitectes van Katalonië, Spanje.

RCR Arquitectes

 

Met hierdie aankondiging is die ‘Nobelprys’ vir argitektuur, soos die Pritzker ook bekend is, gegee aan slegs die derde vrou in die prys se 38 jaar-lange geskiedenis. Carmen Pigem, een van die vennote by RCR Arquitectes, het die firma in 1988 begin saam met haar twee kollegas, Rafael Aranda and Ramon Vilalta.

Volgens ArchDaily het die keuse van wenners gelei tot interessante reaksie van verskillende nuusmedia. RCR Arquitectes het nie die internasionale teenwoordigheid of hoë profiel waaroor menige van die vorige wenners beskik het nie. Die term ‘starchitects’, dikwels gebruik vir argitekte wat op hul naam net soveel as hul geboude reputasie staatmaak, is nie hier van toepassing nie. Dit het die media verder aangevuur in hul besluit of die ontvangers die hoë eer waardig is en of vanjaar se toekenning eerder ‘n politieke reukie het.

Met die neem van hul besluit, blyk dit die Jurie het die kompleksitiet van vandag se wêreld deeglik in berekening gebring: “In hierdie dag en tyd is daar ‘n belangrike vraag wat mense regoor die wêreld besig hou, en dit handel nie net oor argitektuur nie; dit is ook oor regspleging, politiek en regering.”

Soulages Museum

La Lira, RCR Arquitectes

Onbeskroomd positief in hul reaksie, skryf die Financial Times van RCR: “Sedert die tot standkoming van hul praktyk in 1988 is argitektuur wat hulle gesamentlik oor die jare geskep het van die mees eteriese, uitsonderlike, en, ja, mooiste argitektuur van moderne tye.”

Estanque, RCR Arquitectes

Curbed steun dié gedagte heelhartig: “Pryse behoort toegeken te word om ’n verskil aan iemand se loopbaan te maak, nie om die rykes (in erkenning en geld) ryker te maak nie. Dit lyk nie asof RCR Arquitectes hulp hiermee nodig het of wil hê nie, en dit is eerder ’n positiewe bevestiging van outydse argitektuurwaardes.”

Gallery van Bell-Lloc Winery, RCR Arquitectes

Op hul beurt meen FastCo. Design dat RCR ’n “firma is wat stil-stil streeksargitektuur herinterpreteer het”. Hulle verbly hulle ook in die veronderstelde “einde” van ‘starchitects’.

Maar weens hul lae profiel en dalk ook weens die regionale kwaliteit van hul werk, is sommige media baie krities oor die keuse. Wired het die Jurie gekritiseer deur te sê die toekenning is nie bedoel om “identiteitspolitiek” mee te skep nie. Die LA Times neem dit selfs verder deur die Jurie se besluit te vergelyk met dié van ondersteuners van Trump of Brexit. Dit wys ook op die teenstrydigheid wat dit skep wanneer dit vergelyk word met vorige wenners wat ‘n groot internasionale teenwoordigheid beskik.

‘n Reeks videos oor die werk van RCR Arquitectes kan hieronder gekyk word. Besluit self of hulle verdien het om die 2017 Pritzker-prys te wen, en of dit als blote politiekery is.

One day in Barberi by Carles Sanchez

RCR Arquitectes – All creativity

RCR Arquitectes – Untitled (people, landscape, office)

RCR Arquitectes – Intro (Eng)

RCR Arquitectes – The path of pearls

Leave a Reply