Blou en brons herinneringe

16 Maart 2020

Met hul onlangse 154ste verjaardag het Paul Roos Gimnasium ‘n blou plaket gekry. ‘n Blou plaket herinner die verbyganger dat daar iets noemenswaardigs en gedenkwaardigs op daardie spesifieke plek is. In die geval van Paul Roos is dit die herinnering dat die skool tot die totstandkoming van die Universiteit van Stellenbosch gelei het. Lees hier vir meer inligting oor die gebruik van blou plakette in Suid-Afrika.

‘n Mens tref blou plakette in verskeie groot internasionale stede aan, alhoewel daar in sommige lande spesifieke riglyne is oor hoe oud iets of iemand moet wees om blou plaket-status te verdien. In Engeland het erfenisbewegings uitgewys dat slegs 14% van blou plakette in London ter ere van vroue is. Daarom is daar vroeër die maand die besluit geneem om spesifieke vroue te herdenk met blou plakette. Hierdie vroue sluit spioene uit die Tweede Wêreldoorlog, kunstenaars asook kampvegters vir vroueregte in. Lees meer hieroor.

In Stellenbosch is verskeie van die brons plakette gesteel wat geskiedkundige geboue en gebeurtenisse herdenk. Die Erfenisstigtng het nou en met hulp van die PJ Olivier kunsskool dié plakette vervang met handgemaakte klei-plakette wat op ‘n haar na soos die oorspronklike bronsweergawes lyk.

Leave a Reply