Barcelona se Sagrada Familia nie sonder kopsere

3 November 2016

Vir die een is dit ‘n ‘reuse Paaskoek’, vir ander is dit baanbreker argitektuur: Antoni Gaudi se Sagrada Familia, die onvoltooide katedraal in Barcelona, Spanje.

 

sagrada_familia_h-kopp

 

Archdaily berig die projek, wat 134 jaar gelede begin is, is glo as ‘n ‘Paaskoek’ en ‘’n projek sonder planne in Gaudi se naam’, beskryf deur die stadsraadslid vir argitektuur, stedelike landskap en erfenis in Barcelona, Daniel Mòdol, omdat dit nie ‘n hedendaagse boupermit beskik nie. In reaksie het die Sagrada se konstruksie moniteringskomitee gesê dit het wel in 1885 ‘n permit ontvang van die Stad van Sant Martí de Provençals – 12 jaar voor die administrasie deur Barcelona oorgeneem is.

 

sagrada_familia_kah-wai_lin

Nog ‘n kwessie wat skielik kop uitgesteek het, is die betaal van belasting, soos vereis deur die huidige regering, iets wat nooit in die verlede afgedwing is nie. Die Sagrada Familia Stigting het in ‘n verklaring gesê hulle “is bereid om belasting te betaal soos wat die wet vereis”. Dit is egter nie duidelik of die belasting waarna deur beide partye verwys word, dié rakende boupermitte of eiendomsbelasting of altwee is nie.

 

sagrada_familia_haschelsax

Die derde tameletjie wat tans bespreek word is of Gaudi se plan om ‘n groot plaza aan die suidoostekant van die Sagrada te bou, gevolg gaan word of nie. Dit behels ‘n sestig meter wye loopgang (tussen Mallorca- en Aragostraat), wat die katedraal met Calle Diagonal sal verbind. Indien die plan voortgaan sal tot 3 000 mense wat in die gebied rondom die katedraal se ‘Glory Façade’ woon, hul blyplek verloor. Die munisipaliteit het die Stigting gevra om sy planne hieromtrent binne ses maande bekend te maak.

In aansluiting hiermee het die komitee gevra om met die munisipaliteit te ontmoet om die oprigting van die laaste ses torings – dit wissel in hoogte van 135m-172,5m – te bespreek. Die torings sal buite die stad vervaardig maar op terrein aanmekaar gesit word.

 

Leave a Reply