Amerikaanse Modernisme bewaar, gevier en erken

16 Augustus 2017

Die Amerikaanse afdeling van Docomomo, Docomomo US, het onlangs die 2017-wenners van die Modernisme in Amerika-toekennings aangekondig.

Modernism Awards Collage

Nege projekte is gevier vir die restorureer van na-oorlogse artgitektuur en landskappe in die Verenigde State. Die Modernisme in Amerika-toekennings is nou in sy vierde jaar en erken “die mense en projekte wat ons moderne erfenis op sensitiewe enn produktiewe wyse bewaar, restoureer en rehabiliteer,” berig ArchDaily

Docomomo is ’n internasionale beweging wat hom besig hou met die dokumenteer en bewaar van argikteuur van die Moderne Beweging. Daar is ook ’n Suid-Afrikaanse tak.

Kommersiële Ontwerp Toekenning van Uitnemendheid

Die restourasie van die voormalige Bell Laboratories, wat omvorm is in Bell Works, die “metroburb” van twee miljoen vierkante voet in Holmdel, New Jersey. Ontwerp deur die wêreldberoemde modernistiese argitek Eero Saarinen en tussen 1959-1982 in fases gebou, die enorme van glas-omsluite struktuur (die eerste van sy soort) was die tuiste van Bell Laboratories, later bekend as AT&T, Lucent, en uiteindelik Alcatel-Lucent. Binne dié mure het navorsers verskeie belangrike ontdekkings gemaak, insluitend die ontwikkeling van di eerste selfoon en optiese vesel-tegnologie. Gerugte van sloping nadat Alcatel-Lucent die gebou ontruim het, het argitekte, historici en ander in die ontwerpveld wêreldwyd bekommer.

Bells Works

 Die Siviele/Institusionele Ontwerp Toekenning van Uitnemendheid

Die restorasie van die Yale Center for British Art in New Haven, Connecticut. Die filantroop Paul Mellon het die Yale Center for British Art saam met die inhoud daarvan geskenk. Met toenemende bewaringsdruk het die Sentrum ‘n gedetaileerde bewaringsplan laat opstel – die eerste van sy soort in die Verenigde State vir ‘n gebou wat ná die Tweede Wêreldoorlog voltooi is. Die dokument het die Sentrum se kultureel mees belangrike eienskappe geïdentifiseer, beleidsraamwerke daar gestel vir die toekomstige sorg van die gebou en ook die grondslag gevorm vir die gebou se restourasie. In hul keuse van die projek het die beoordelaars opgemerk: “Die restourasie van die Yale Center for British Art is ‘n gevalle studie vir die korrekte wyse om bewaring van moderne argitektuur aan te pak. Die komplekse, multi-fase projek baan die weg vir toekomstige projekte deur die deurdagte bewaringsplan en publiseer van daardie bevindinge wat insluit gedetaileerde elemente van die gebou wat eens versteek. Dit het die gebou op sensitiewe wyse in die Een-en-twintigste Eeu ingebring.”     

© Richard Caspole, Yale Center for British Art

Residensiële Ontwerp Toekenning van Uitnemendheid

Die restorasie van die Bubeshko Apartments in Los Angeles, Kalifornië. Dit is “een van ‘n paar geboude en steeds onbeskadigde multi-familie geboue ontwerp deur Rudolph M. Schindler”. Die beoordelaars het gesê: “Restourasie van die Bubeshko Apartments is interessant nie net as gevolg van wat gedoen is nie maar weens wat nié gedoen is nie. In pleks daarvan om die kompleks te omskep in luukse deeltitelwoonstelle, het die eienaars en restourasiespan versigtige oorweging gegee aan beide die oorspronklike bedoeling van die argitek en oorspronklike eienaars en so verseker dat hierdie unieke element in Los Angeles se kulturele lewe vir nog baie jare bewonder en geniet kan word.”

Bubeshko Apartments

Voorspraak (‘Advocacy’) Toekenning van Uitnemendheid

Die Heroic Project is ‘n agt jaar-lange navorsingsinisiatief na die betonargitektuur van Boston in die jare 1960 tot 1976. Dit het ontwikkel in ‘n wyd-strekkende voorspraakpoging (‘advocacy effort’) wat uitstallings, ontwerpsutdios, navorsingseminare, lesings en onderhoude, toere, belangrike bewaringsveldtogte ingesluit het en uitgeloop het op die publiseer van die hoog aangeskrewe boek Heroic: Concrete Architecture and the New Boston. 

Voorspraak (‘Advocacy’) Toekenning van Uitnemendheid

Met die toeken van dié prys aan Save the Reactor, het die beoordelaars opgemerk: “Die rol en impak van kernwetenskap tydens die Koue Oorlog word stadigaan vergeet en dus is die terreine wat met hierdie periode verbind word toenemend in gevaar. Jonger generasies het min begrip vir dié belangrike periode in ons land se geskiedenis. Hoewel die Kernreaktor-gebou op die kampus van die Universiteit van Washington uiteindelik gesloop is, is dit belangrik om erkenning te gee aan Historic Seattle, die Washington Trust for Historic Preservation en Docomomo US/WEWA se samewerking in opvoeding en voorspraakpogings. Dit is ‘n samevatting van die kwessies wat Docomomo US en sy afdelings en kollegas steeds ondervind.” Gevolge van die dispuut sal ‘n belangrike presedent stel met die Hooggeregshof van die Staat van Washington wat na verwagting sal beslis oor die bepaling of plaaslike bewaringsordinanse van toepassing is bó staatsinstellings van hoër onderwys wat vra om uitsluiting.

Eervolle Vermelding

·         Bewaring van die beton van Boston Universiteit se School of Law Tower en die weldeurdagte                   byvoeg van die Sumner M. Redstone-gebou.

·         Restourasie van die Smith-huis, Philadelphia, ontwerp deur Vincent G. Kling.

·         Restourasie van die American Enterprise Group se nasionale hoofkantoor, Des Moines, Iowa,                 ontwerp deur Gordon Bunshaft.

·         Bewaring van die Stuhr Museum of the Prairie Pioneer, Grand Island, Nebraska, ontwerp deur               Edward Durell Stone.

Leave a Reply