Nuutste, ‘groenste’ gebou op US Kampus

24 November 2015

Die Universiteit Stellenbosch se nuwe Informasie Tegnologie-gebou is die groenste gebou op kampus.

Die gebou, ontwerp deur Dekker & Papendorf Argitekte, het energiedoeltreffende en hernubare energie; goeie binnenshuise omgewingskwaliteit;  en ander innovasie.

Energiedoeltreffende en hernubare energie behels:

  • foto-voltaïese energie met behulp van sonkrag;
  • optimale noordelike oriëntasie en venstergroottes;
  • skadu-elemente;
  • ‘n vertikale tuin aan die noordekant om energieverlies in warm en in koue weer te beperk;
  • gebruik van rivierwater vir afkoeling;
  • slim beligting.

    Nuwe IT gebou Foto: Stephan Els

    Nuwe IT gebou foto: Stephan Els

Die binnenshuise omgewingskwaliteit word verbeter met natuurlike beligting en ventilasie en met die inperk van geraas.

Daar is ‘n fietsstoor en fassiliteite vir fietsryers en optimale benutting van parkeerruimte.

Die nuwe gebou bevat groot, oop werkruimtes – soos die kampusfassiliteite van Google en Apple. Ruimtes om kollegas te ontmoet en wegbreekplekke skep ‘n balans tussen gedeelde en private ruimtes. Digitale kommunikasie maak dit maklik om virtuele vergaderings te hou.

Dié groen status van die gebou word gemeet aan die hand van die Green Building Council of South Africa se Green Star Office kriteria

 

Leave a Reply