‘n Boston-voorstad as voorbeeld van gereguleerde veilige fietsry

29 April 2019

Die stadsraad van Cambridge, die universteitsvoorstad van Boston, het onlang op 8 April nuwe wetgewing goedgekeur wat die toevoeging van fietsrylane verpligtend maak vir alle strate wat vir algemene opgradering goedgekeur is. Alhoewel hierdie verandering nie oornag gaan plaasvind nie, is Cambridge nou die toonaangewende fietsrystad in Amerika. ‘n Verdere vereiste van die nuwe wetgewing is dat die fietslane van padgevare beskerm moet word deur middel van horistontale relings. Hierdie verandering in beleid en wetgewing is die resultaat van die  samewerking sedert 2017 tussen die aktivisgroep Cambridge Bicycle Safety, en die stadsraad. Volgens die stadsraad sluit die voordele van die nuwe wetgewing ook die bevordering van inwoners se gesondheid, ‘n skoner omgewing en verhoogde kleinhandelverkope in.

Fietsryer in Cambridge(AP Foto/Lisa Poole)

Leave a Reply