Liverpool verloor status as wêrelderfenis-gebied en Venesië amper ook

3 November 2021

UNESCO het onlangs aangekondig dat die stad Liverpool haar status as wêrelderfenis-gebied verloor. Hiermee is die soeklig opnuut op die wisselwerking tussen ontwikkeling, erfenis/kultuur en ekonomiese belange. Alhoewel ekonomiese vooruitgang dikwels as motivering vir ontwikkeling voorgehou word,  lei erfenis en veral status as wêrelderfenis tot verhoogde toerisme wat ekonomiese groei, werkskepping en kulturele behoud bevorder.

Liverpool se erfenisstatus het berus op die handels- en hawe-karakter van die stad, asook die historiese dokke wat uit die Victoriaanse era dateer. Grootskaalse nuwe infrastruktuur en ontwikkeling ondermyn egter hierdie aard en karakter. Venesië het haar status as wêrelderfenisgebied behou hoofsaaklik op grond van die Italiaanse regering se besluit om passasierskepe vanaf 1 Augustus 2021 in die Venesiese strandmeer permanent te verbied.

Leave a Reply