Internasionale saamdink oor beplanning in Stellenbosch

25 Maart 2014

Werksessies oor beplanning in Stellenbosch se middedorp, Jonkershoek en Khayamandi is deel van ’n internasionale konferensie wat vandeesmaand in Stellenbosch gehou word.  Plaaslike en internasionale beplanners, stedelike ontwerpers en argitekte sal oor twee dae saamdink oor ontwerpoplossings vir probleme in elkeen van dié omgewings.

Die veertiende Wynlandse Internasionale Konferensie word vanjaar aangebied onder die vaandel van Kaapstad Ontwerphoofstad 2014 (CTDC 2014). Die tema, ‘Innovation for the Urban Age’, is universeel relevant, maar veral in die Kaapse Skiereiland en Wynlande, waar landbou en die behoefte na stedelike verdigting hand-aan-hand loop. Die konferensie, wat van 31 Maart tot 4 April by Spier aangebied word, word voorafgegaan deur ’n tweedaagse kongres van die Instituut vir Stedelike Ontwerp van SA, met die tema ‘Urban Innovation’.

Sprekers sluit in emeritus prof Richard Hayward van die Universiteit van Greenwich en skrywer van Making Better Places: Urban Design Now (1993) en prof Kelvin Campbell, besoekende professor in Stedelike studies aan die Universiteit van Westminster. Onder sy publikasies tel en Massive Small: the operating system for smart urbanism (2011).

Werkswinkels (charrettes) waaraan kongresgangers deelneem het Khayamandi, Jonkershoek en die Rynse kompleks en Kerkstraat as temas.  Besoek www.winelandsconf2014.co.za of kontak Udisa by udisa@cifa.org.za.

Untitled

Leave a Reply