Innoverende planne om lewenskwaliteit in stede te verhoog

25 Julie 2019

Sidewalk Labs, die stedelike ontwerper wat deur Google gevestig is, het onlangs hul meesterplan ingedien doel om  Toronto se waterfront te transformer.  Die plan kan dan die proefloop word waarvolgens die groter waterfront, en die stad verander word.

Net soos Google, is Sidewalk Labs ‘n filiaal van die moedermaatskappy, Alphabet.  Sidewalk Labs wil nuwe standaarde stel ten opsigte van volhoubaarheid, bekostigbaarheid, mobiliteit, ekonomiese groei en sosiale ontwikkeling.  Dit wil hul regkry deur stadsbeplanning wat op mense fokus met die nuutste tegnologieë te kombineer. In Toronto wil hulle 44 000 werksgeleenthede skep, kweekhuisgasse met 89% verlaag, bekostigbare behuisings aan laer- en middelklasgesinne verskaf en verseker dat 40% van behuisingseenhede onder die markwaarde is.  Hulle wil mense ook help om vervoerkostes te bespaar deur toe te sien dat die meeste bestemmings deur vervoerdienste, fietsry of stap bereik kan word.  Gebruikersvriendelike buurte sal ook byvoorbeeld voetgangers teen swaar weer beskerm met behulp van oorhangende “reënjasse” wat oor sypaadjies kan oopvou.

Die vernaamste teenstand teen Sidewalk Labs se plan kom van mense wat bekommerd is oor planne om uitgebreide stelle data te versamel, onder meer oor weerpatrone, lugkwaliteit, afvalhanteringsprosesse, maar ook oor vorme van vervoer, wat die bewegings van fietsryers en voetgangers insluit. In teenstelling is daar diegene wat beweer dat die insameling en hantering van groot databasisse noodwendig is in die toekoms en dat maatreëls wat die etiese en veilige hantering van data verseker, in alle geval ontwikkel moet word.

Leave a Reply