Informele nedersettings – dalk die oplossing eerder as die probleem?

24 November 2015

Informele nedersettings, of dan plakkerbuurte, is dalk ‘n demokratiese oplossing waarna owerhede moet kyk om oplossings te kry vir stedelike beplanning.

Radical Cities, ‘n nuwe boek deur Justin McGuirk, handel Radical Cities, oor favellas en barriadas – in Suid-Amerika maar is hoogs relevant vir Suid-Afrika en ander lande in die ontwikkelende wêreld.

McGuirk redeneer dat sowat 85% van die wêreldbevolking in sogenaamde plakkers- of krotbuurte woon. Waarom aanvaar ons dit nie eerder as die norm nie, in plaas van die probleem? Die boek is vol positiewe stories uit Suid-Amerika: Quinta Monroy in Chile, waar argitek Alejandro Aravena met net die helfte van die geld nodig om ’n huis te bou tot sy beskikking, halwe huise gebou het. Dit sluit die kombuis en badkamer in, en die struktuur is só gelaat dat die inwoners, sodra hulle geld beskikbaar het, op eie stoom en koste die huis kan voltooi; Daar is ook Torre David, ’n toringblok in Caracas wat lank verblyf aan sowat 3 000 mense gebied het – ’n samewerkingsooreenkoms tussen die president van Venezuela en die hoof van die plakkers se verteenwoordigende liggaam.

Hy bespreek ook voorbeelde in Lima, Bogotá en Caracas – alles inspirerende verhale van hoop en innovering deur mense wat net dit het: hoop.

Quinta Monroy in Chile. Foto: Archdaily.com

As julle meer foto’s soek, kyk dalk hier:

Quinta Monroy in Chile. Foto: Archdaily.com

Leave a Reply