Huis Farnsworth

19 Augustus 2020

Mies van der Rohe se Huis Farnsworth, ‘n ikoniese gebou van die twintigste eeu, is onlangs opnuut gerestoureer en is nou ná die grendeltyd in Illinois, VSA, oop met ‘n nuwe tentoonstelling wat fokus op die besonderlik begaafde oorspronklike eienaar van die huis, Edith Farnsworth.

Kopiereg William Zbaren

Daar is ‘n skakel met Stellenbosch in dié verhaal. Mies van der Rohe het voor die tweede wêreld oorlog weens Hitler se vervolging van Jode uitgewyk na die VSA, waar hy met sy geboue die geskiedenis van argitektuur betekenisvol beïnvloed het. Pius Pahl, die senior assistant in Van der Rohe se praktyk in Duitsland, het na Stellenbosch verhuis waar hy ‘n beduidende invloed op argitektuur in Stellenbosch en die Weskaap gehad het.

Leave a Reply