Ontwikkeling bedreig Havana se erfenis

11 Maart 2016

Gentrifisering, of te wel buurtopknapping is die wêreldoor ’n gelade term. Aan die een kant bring dit nuwe lewe en belegging aan ou, vervalle buurte. Aan die ander kant stoot die verbeterings die eiendomspryse op en word inwoners wat dikwels jare reeds daar woon, uitgedwing omdat hulle nie die nuwe pryse kan bekostig nie.

A street in Havana before restoration. Picture Claudia Daut Reuters

‘n Straat in Havana voor restourasie. Foto: Claudia Daut/Reuters

Havana, die Kubaanse hoofstad, sukkel met dieselfde probleem. Maar die stad word ook ‘bedreig’ deur ’n verdere invloei van kapitaal (veral uit die VSA), wat die unieke karakter en atmosfeer heel moontlik tot niet sal maak ten gunste van ’n Disney-agtige weergawe van wat eens daar was. Op die oomblik is dit nog onwettig vir Amerikaners om die Kuba te belê, hoewel betrekkinge tussen hierdie twee lande in die laaste paar jaar al hoe meer verbeter het. Dit is ook tegnies nog nie wettig vir Amerikaners om Kuba as blote toeriste te besoek nie. Besoekers systap hierdie beperking egter deur op hul visumaansoek aan te dui dat die besoek om kulturele redes is of om die Kubane te ‘ondersteun’. Verlede jaar het meer as 3 miljoen toeriste die land besoek.

Boonop betaal toeriste in die verwisselbare peso wat aan die Amerikaanse dollar gekoppel is en sowat 25 keer meer waardevol is as die ‘gewone’ Kubaanse peso.

Volgens ’n verslag in The Guardian is dit die dreigende toestroming van toeriste wat die stad bedreig. Hoewel dit broodnodige kapitaal vir die inwoners (veral dié wat op een of ander manier in die toerismebedryf werksaam is) sal bring, meen argitekte en stadsbeplanners dat die stad se infrastruktuur nie hierdie toevloei sal kan hanteer nie. Volgens een dateer die hoof-watertoevoer uit die 1920’s en verloor dit sowat 50% van die water weens lekkasies. Die ou geboue waarvoor Havana ook bekend is, loop ook die gevaar om eenvoudig gesloop of só opgetert te word dat die integriteit daarvan in die slag sal bly. Hierdie moontlikheid word selfs beskyf as ‘Las Vegas ontmoet Miami in die Karribiese See’.

Renovations in Havana Old Town. Picture. Reuters

Restourasie in Die Ou Dorp van Havana. Foto: Reuters

Nog ’n moontlike komplikasie is eise deur maatskappye wat eindom in Havana verloor het ná die destydse revolusie. So wil een Amerikaanse skeepsvaartmaatskappy ’n kilometer van die hawefront sowel as die ou brouery-gebou terughê omdat dit glo eens hulle s’n was – ’n eis wat sowat $850 miljoen beloop. En ander reuse, soos Coca-Cola, Texaco en Exxon staan ook in die ry.

Leave a Reply