Gewonne stryd teen ontwikkeling by Maiden’s Cove erfenisgebied

12 Maart 2019

‘n Beplande ontwikkeling by Maiden’s Cove wat 54 rondawels, ‘n boetiek-hotel en restaurante insluit, is in die hof gestuit.

Maiden’s Cove

Advokaat Bill Gundelfinger het hierdie verkoop van die grond by Maiden’s Cove aan Vunani Capital-maatskappy betwis. Regter John Hlophe het beslis dat die verkoop ter syde gestel moet word, aangesien die karakter van die erfenisgebied deur die ontwikkeling verander sou word.  Die strand by Maiden’s Cove was een van die enigste twee strande wat tydens die apartheidsera vir nie-blankes toeganklik was en het vandag besondere betekenis veral vir die mense van die Bo-Kaap, Distrik Ses, Woodstock en die Kaapse Vlakte.

Maiden’s Cove (news24.com)

Leave a Reply