Films oor argitektuur en stedelike ontwerp

27 Februarie 2015

Die Stellenbosch Erfenis Stigting sal vanjaar weer in samewerking met Pulp Cinema films oor argitektuur en stedelike ontwerp aanbied. Die films kyk onder meer hoe stedelike ontwerp die lewens van inwoners raak, na voorbeelde van goeie én swak ingrepe in stede en dorpe oor die wêreld, asook na nuwe rigtings in argitektuur en stedelike ontwerp. Die werk van stedelike beplanners en argitekte soos Norman Foster; Rem Koolhaas; Jan Gehl; Herzog en de Meuron; Peter Zumthor; Tadao Ando; Frank Gehry; en vele ander word gewys. Ons sal lede in die loop van die jaar oor spesifieke films en vertoontye inlig.

2307_tadao_ando_at_naoshima_001

Films on architecture

Project_City2City

Sketches of Frank Gehry_Sydney Pollack

Urbanized_Poster

Leave a Reply