Erfeniswet uitgelê

1 Oktober 2014

Corlie Smart is ‘n Stellenbosse prokureur (LLM) wat in erfeniswetgewing spesialiseer en in die impakstudiekomittee van Erfenis Wes-Kaap dien. Sy is ook ’n ondervoorsitter van die Stellenbosch Erfenis Stigting. Haar ryklik geïllustreerde lesing oor die toepaslike gedeeltes van die wet gee nuwe insigte in toepassing van die wet en praktiese voorbeelde van wanopvattings waar historiese geboue herstel of verbou word.

Die praatjie is van belang vir eienaars van eiendomme wat erfenisbeskerming geniet, eiedomsontwikkelaars, eiendomsagente en mense wat in die bewaring van geboue belangstel. Sy bespreek ook besluite wat erfenisowerhede al geneem het.

Mense wat die praatjie bywoon sal dus meer leer oor die toepassing van die erfenis wetgewing, asook nuwe insigte verkry aangaande verbeteringe en verbouings aan historiese geboue.

Onthou die datum: Donderdag, 30 Oktober 2014 by die Stellenbosch Universiteitsmuseum (SASOL Museum) 17:30 vir 18:00.

Leave a Reply