Die Serpentine Pawiljoen

20 September 2018

Die Meksikaanse argitek Frida Escobado het vanjaar met materiaal van die winkelrak af ‘n unieke, eiesoortige pawiljoen geskep by die Serpentine pawiljoen in London, waar een van die Wêreld se voorste argitekte elke jaar kans kry om ‘n struktuur te skep wat in die somer een van die hoogtepunte is vir honderde duisende besoekers met ‘n belangstelling in ontwerp.

Die inspirasie onderliggend aan Escobado’s se ontwerp was ‘n herinterpretasie van Meksikaanse argitektuur buite Meksiko, met erkenning aan Britse argitektuur.

 

Meksikaanse argitek Frida Escobedo’s pawiljoen vir die Serpentine Gallery, in London. Fotograaf Ray TangRex

 

Die Serpentine is ’n wêreldbekende sentrum vir kontemporêre kuns in Hyde Park, London. Die sentrum nooi sedert 2000 elke jaar ‘n argitek om ‘n tydelike pawiljoen vir die tuin te ontwerp. Die doel daarvan is om ‘n veeldoelige ruimte vir sosiale interaksie en interaksie met die omgewing te skep. ‘n Pavilion is ‘n tipiese struktuur in die Britse landskap wat as ruimte vir buitelugontspanning funksioneer, min of meer die ekwivalent van wat in Suid-Afrika as ‘n somershuisie sou bekend staan, maar op veel groter skaal. 

 

Serpentine Gallery 2009 Pawiljoen

 

Frida Escobado is die jongste argitek nog wat vir hierdie prestige projek genooi is. Sy wou iets nuuts skep met alledaagse, industriële materiaal en daarom ‘n oop struktuur met Britse dakteëls van beton ontwerp wat herinner aan die oopstruktuur-betonblokke (breeze blocks) wat in Meksikaanse argitekuur gebruik word. Die ontwerp is ‘n herinterpretasie van Meksikaanse binnehowe om die opelug-elemente van Britse sowel as Meksikaanse argitektuur te inkorporeer.

Serpentine pawiljoen 2018 frida escobedo dezeen

Fotograaf Frida Escobedo, Taller de Arquitectura

Leave a Reply