Ontwerphoofstad 2014

19 Maart 2013

Twee Stellenbossers, Alayne Reesberg en Ben-Carl Havemann, is diep betrokke by die inisiatief om Kaapstad as die wêreld-ontwerphoofstad van 2014 te bemark (WDC2014). Dié inisiatief sluit die groter Kaapse metropolitaanse gebied in, wat strek van Atlantis in die noorde tot Somerset-Wes in die suide, ook Stellenbosch.

Die 2014-tema is Live Design. Transform Life en is in vier sub-temas verdeel, naamlik

  • African Innovation. Global Conversation: Afrika in gesprek met die wêreld.
  • Bridging The Divide: Maniere om die stad en sy inwoners nader aan mekaar te bring.
  • Today For Tomorrow: Volhoubare oplossings vir taai vraagstukke.
  • Beautiful Spaces. Beautiful Things: Van argitektuur tot juweelontwerp, kos tot kuns.

Enigeen wat ‘n projek rondom beplanning wil voorstel, kan so doen, vóór 5 April (meer inligting kan gevind word by www.wdccapetown2014.com/submissions).

Sedert 2008 het die Internasionale Raad van Nywerheidsontwerpgenootskappe (ICSID) dié toekenning al aan drie ander stede gemaak, naamlik Turyn, Seoel en Helsinki. Gaan na http://wdchelsinki2012.fi/en om te sien wat Helsinki alles met die geleentheid gedoen het.

Leave a Reply