Britse argitek wen Huis van die Jaar

2 Oktober 2015

David Chipperfield het ‘n belangrike argitektuurprys gewen, met Fayland Huis.

Pryse van die swaargewig argitektuurjoernaal, die Architectural Review, is ‘n erkenning wat toenemend in die bedryf agting verkry. Vanjaar se kategorieë sluit in Huis, Skool en Kultuur  Die wenners in laasgenoemde twee kategoriee is nog nie aangewys nie, maar die vir huise is pas aangekondig. Dit is toegeken aan voortreflike woonhuise wat die afgelope vyf jaar gebou is.

 

Huis van die Jaar:

Die wenner is die Britse argitek David Chipperfield se Fayland Huis, geleë in die Chiltern Hills, ’n kalkagtige eskarp in die suidooste van Engeland wat in 1965 al aangewys is as ’n gebied met uitsonderlike natuurlike skoonheid en bewaringstatus.

David Chipperfield. Foto © Ingrid Von Kruse

Sy ontwerp van die huis keer geykte idees van huise op die Britse platteland op hul kop. Hy speel nietemin slim met dít wat mense met so ‘n landgoed assosieer.

Die drieslaapkamerhuis, wat na agter in die heuwel inpas en met gras op die dak, kan uit een hoek as ‘n oorlogbunker beskryf word. Tog is die eenvoud en ligtheid van die ontwerp – swaar kolomme ten spyt – alles behalwe ‘bunker’. Herehuise in die platteland is tradisioneel sinoniem met die uitgestrekte, gelandskapeerde tuine, vol heinings, fonteine en paadjies. Chipperfield het dié ruimtes alles in binnehowe geplaas, sodat die huisbewoners byna net ongerepte landskap sien.

Kliek hier vir die volledige artikel – soos wat dit in die Architectural Review verskyn het, gepas onder die titel “Pastorale Simfonie”.

 

 

 

 

 

 

Fayland_House_2

Fayland_House_3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Fayland House: David Chipperfield Architects

Fayland Huis: David Chipperfield Architects

 

Fayland House: David Chipperfield Architects

Fayland Huis: David Chipperfield Architects

 

 

2AB2AF1F00000578-3162120-image-a-176_1437400362378

Fayland House: David Chipperflield Architects

Fayland Huis: David Chipperflield Architects

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Fayland House: David Chipperfield Architects

Fayland Huis: David Chipperfield Architects

 

Hoogs aanbeveel:

Hoogs Aanbeveel: Die Rebirth Huis deur Ryo Matsui, is geleë in ’n deel van Japan wat deur die 2011-tsunami in Japan verwoes is. Wat die beoordelaas veral beïndruk het, was die gebruik van ou materiaal, maar om ’n nuwe huis te bou. Ten spyte van die tradisionele dak en mure, is dit eintlik alles nuutgebou.

Die tradisionele stoorkamer, wat afgebreek is en waarvan die materiaal vir Rebirth Huis hergebruik is, was 120 jaar oud.

Photo by Masato Kawano Nacasa & Partners, Shinkenchiku-sha

Foto deur Masato Kawano Nacasa & Partners, Shinkenchiku-sha

 

Architectural Review Rebirth House in Japan

Architectural Review Rebirth House in Japan

 

Kliek hier vir meer inligting.

Aanbeveel:

Die suidweste van Slowenië bkan betrekliklyk ongenaakbaar wees: sterk wind in die winter en uiterste hitte in die somer. Die natuurlike boumateriaal, waarvan daar ’n oormaat in die omgewing is, is klip. Die praktyk Dekleva Gregorič se Compact Karst Huis gebruik tradisionele boumetodes vars. Die huis, ’n besliste skuiling, word deur drie groot openinge in die dik klipmure toeganklik gemaak.

 

Compact Karst House Photo: Janez Marolt

Compact Karst House Foto: Janez Marolt

 

Compact Karst House Photo: Janez Marolt

Compact Karst House Foto: Janez Marolt

 

Compact Karst House Photo: Janez Marolt

Compact Karst House Foto: Janez Marolt

 

Meer oor dié ontwerp:

 

Leave a Reply