Boeke

25 November 2019
  • Unstitching Rex Trueform: The Story of an African Factory

‘n Boek oor die geskiedenis van RexTrueform se Kaapse klerefabriek het onlangs ‘n tweede gesogte toekenning gekry.  Unstitching Rex Trueform: The Story of an African Factory deur Ilze Wolff, het ‘n toekenning ontvang van die Kaapse Instituut vir Argitektuur nadat dit tevore ook die LERMAC toekenning vir eerste uitgawes ontvang het.

Unstitching Rex Trueform verken die verweefde geskiedenis van die klerefabriek in Soutriver vandat kontruksie voltooi is in 1938 tot die gebou in 2013 na ‘n kantoorkompleks verander is. Die skrywer ontrafel verskillende lae van betekenis oor hoe konstruksies van ras, klas en geslag binne die ruimte van die fabriek na vore gekom het.

  • Dine with locals: Stellenbosch

Dine with locals vier kos en kuns van Xhosa, Kaap-Maleier, Khoisan en Kaap-Nederlandse gemeenskappe in Stellenbosch. Dit bevat vertellings, resepte, en foto’s van kultuurgeleenthede en kuns uit die gemeenskappe en verskaf kontakbesonderhede sodat lesers vir ‘n ete en kultuurervaring kan bespreek. Professor Costandius van die Departement van Visuele Kunste verduidelik dat dié boek deel is van ‘n groter projek wat kultuur dokumenteer, veral van gemeenskappe wat voorheen gemarginaliseer is. ‘n Interaktiewe kaart van Stellenbosch en omgewing gee inligting oor poësie, literatuur, argitektuur, kuns, handwerk, musiek en dans, asook kunstenaars in die omgewing. Die kaart en inligting is ook beskikbaar by art.sun.ac.za.  Die boek is beskikbaar by toerismeburo’s.

 

 

 

  •  Steve Watt’s Book Collection

Die Steve Watt boekversameling is ‘n uitgebreide versameling van skaars boeke met onderwerpe wat geskiedenis, argitektuur, sosiologie en kuns insluit.  Hierdie versameling boeke is nou by die Talana Museum te koop.  Nader die museum vir inligting oor pryse en titels.

e-pos: info@talana.co.za

 

Leave a Reply