Auschwitz-Birkenau: bewaar, restoureer, herbou?

24 November 2015

Strukture met onaangename herinneringe, soos die Bastille of die Berlynse muur, word dikwels vernietig. In Suid Afrika is die gevangenis op Robbeneiland ‘n bekende voorbeeld van so‘n struktuur wat bewaringstatus verkry het.

Onder die lewendige en uiteenlopende standpunte en debatte oor erfenis en bewaring in Suid Afrika, is daar ook ‘n debat of eertydse mynkampongs bewaar moet word of nie, en indien wel hoe dit gedoen moet word.

Die Suid Afrikaanse gesprekke het talle weerklanke in die geskiedenis, en ook in eietydse debatte, soos die oor die bewaring van Auschwitz-Birkenau.

Vir Anna Lopuska, wat aktief betrokke is by die debat oor Auschwitz-Birkenau, is haar werk ’n taak van verset. Verset teen ‘n regime wie se doodskampe bedoel was om net tydelik te bestaan – totdat hulle hul doel daarmee bereik het. “Hulle wou nie hê dit moet voortbestaan nie. Maar ons sorg dat dit hou,” sê sy in ’n onderhoud wat in die New York Times gepubliseer is. Lopuska staan aan die hoof van ’n meesterplan vir die bewaring van Auschwitz-Birkenau, een van die bekendste Duitse konsentrasiekampe.

auschwits-birkenau

Sedert die stigting wat geld insamel vir die onderhoud van Auschwitz-Birkenau in 2009 gestig is, is hul leuse: “bewaar outentisiteit”. Die idee daaragter, skryf die Times, is om die plek as geheel te behou, presies soos wat die was toe die Nazi’s in 1945 voor die aankomende Russiese soldate pad gegee het.

“Dit is ’n morele standpunt met spesifieke kuratoriale uitdagings. Dit beteken om barakke van baksteen, wat uitmekaar val en waar Jode en sommige ander aangehou is, te herstel sonder om dit te herbou – om te voorkom dat dit soos ’n historiese replika lyk. Dit beteken om die mosoortrekte hoop bourommel – die gaskamer by Birkenau, die doodskamp ’n paar myl verder, ’n struktuur wat deur die Nazi’s opgeblaas is – te versterk. Dit beteken om hierdie rommel te beskerm teen waterinsypeling, uit poele waar die as van die dooies gestort is.”auschwitz-aerial-photo

Hoewel Lopuska sê die strategie is om in stand te hou, nie te herstel nie, meen Jonathan Webber, ’n voormalige lid van die Internasionale Auschwitz-raad van adviseurs, hy is nie oortuig dat dit die regte strategie is nie. “As jy ’n baie goeie monument (memorial) het, kan jy dit alles bereik sonder die moeite van bewaring en restourasie.”

Lees meer oor hierdie tameletjie deur hier te klink.

Leave a Reply