Atterbury verhuis na historiese gebou in Dorpstraat

25 Julie 2019

La Gratitude, tweede oudste gebou in Stellenbosch en een van die prominente historiese geboue in Dorpstraat, is pas opnuut ingerig as Wes-Kaapse hoofkantoor van die ontwikkelaar Atterbury.

Gerrit van den Berg, Atterbury se Weskaapse hoof van ontwikkeling sê daar is geringe veranderige aan die buitekant van die gebou aangebring, terwyl die Erfenisstigting van die Weskaap die veranderinge aan die binnekant van die gebou gestuur het. Atterbury wil ‘n platform skep binne die historiese gebou vir entrepreneurs en kleinbesighede deur ‘n oopplan werksspasie, asook kantore, beskikbaar te maak vir verhuring.

Leave a Reply