Argitektuur by die Serpentine-galery

19 Maart 2013

Die argitektuur-paviljoen by die Serpentine in Hyde Park, Londen, is jare lank al ‘n interessante indeks van goeie argitektuur. Rekenaarvoorstellings van hierdie somer se argitektuuris onlangs uitgereik. Die Japanse argitek Sou Fujimoto volg in die voetspore van bekendes soos Herzog & De Meuron in samewerking met Ai Wei Wei (2012) en die Pritzker-pryswenner Peter Zumthor (2011). Oscar Niemeyr (2003), Frank Gehry (2008) en Zaha Hadid (2000) het ook elkeen ’n beurt gehad.

Op sy webblad (www.serpentinegallery.org) skryf die Galery Fujimoto se ontwerpe word geïnspireer “deur organiese strukture, soos die woud, die nes en die grot”. Tot nou toe is die meeste van sy ontwerpe in Japan.

’n Ligte, ‘delikate’ struktuur van wit staalpale (20mm ø) word vir die 350m2 grasperk van die Galery beplan. Die bedoeling is vir dié ‘semi-deurskynende’ ontwerp om ‘wolkagtig’ met die landskap en die Galery se Oos-vleuel in te skakel. Vir die duur van die paviljoen se vier maande-bestaan sal daar ’n kafeetjie ingerig word.

Sou Fujimoto 2013

 

 

 

 

 

 

 

 

Kliek hier vir voorstellings van Fujimoto se beplande paviljoen.

 

Herzog & de Meuron en Ai Weiwei, 2012

Peter Zumthor 2011

Peter Zumthor 2011 

Meer foto’s.

 

* Kyk ook hoe lyk Londen vanuit dié stad se hoogste gebou, die nuut-geopende Shard in Southwark, ontwerp deur Renzo Piano. Die Britse Guardian het ‘n interaktiewe foto met ’n 360o-blik.

 

 

Leave a Reply