Arata Isozki ontvang hoogste toekenning as argitek

12 Maart 2019

Die Japanese argitek, Arata Isosaki, het die professie se hoogste internasionale toekenning, die 2019 Pritzker Prys vir Argitektuur, ontvang. Aangesien Isozaki as kind naby die gebombardeerde stad, Hirosjima, grootgeword het, was hy van jongs af geïnspireer om moontlikhede vir die herbou van huise en stede te ondersoek.  As 87-jarige het Isozaki dan ook vir meer as 60 jaar as ‘n produktiewe en invloedryke argitek gewerk.

Nara Centennial Hall in Japan

Van sy uitstaande geboue sluit onder andere die Shanghai Simfoniesaal, die Krakow Kongressentrum, die Katar Nasionale Konvensiesentrum, the Allianz Toringgebou in Milan, die Los Angeles Museum van Moderne Kuns, die Palau Sant Jordi in Barcelona en die Eeufeessaal in Nara, Japan, in.

Qatar’s Nationale Konferensie Sentrum

Isozaki se werk word gekenmerk deur sy innoverende idees en deur sy dinamiese styl wat oosterse en westerse idees geïntegreer het, sonder dat hy ooit in modegiere vasgeval het. Volgens die Jurie van die Pritzker Prys vir Argitektuur steun Isozaki se argitektuur op ‘n buitengewone begrip van nie net argitektuur nie, maar ook van filosofie, geskiedenis en kultuur.

Leave a Reply