Bakterië speel rol in bewaring van erfenis

4 November 2021

Met die Covid-19-pandemie steeds in ons midde, kan mense lugtig voel teenoor mikrobiese organismes en vergeet van dié wat nuttig is.  So het bakterië Serratia ficaria (SH7) in die afgelope jaar sterk na vore getree op die gebied van historiese erfenis en meer spesifiek Italiaanse argitektuur uit die Middeleeue. SH7 eet marmeroppervlaktses van ‘n kapel skoon. Hierdie kapel, wat ontwerp is deur Michelangelo en die oorskot van die bekende Medici familie huisves, is nou skoner as wat dit nog ooit in die moderne era was, ten spyte van vele ander skoonmaak-inisiatiewe.

‘n Span navorsers van onder andere die Italiaanse Navorsingsraad en die Italiaanse Agentskap vir Nuwe Tegnologie, asook kunshistorici het ‘n reeks van meer as ‘n 1000 bakterië getoets om uiteindelik een te identifiseer wat die eeueoue vlekke (bestaande uit fosfate en proteïene) eet sonder om die Carrara marmer te beskadig. 

Vir meer hieroor

Rabe!, CC BY-SA 4.0 <https://creativecommons.org/licenses/by-sa/4.0>, via Wikimedia Commons

 

Leave a Reply