Alejandro Aravena ontvang toekenning by RIBA 2018

20 September 2018

Die Chileense argitek Alejandro Aravena kry vanjaar die Royal Institute of British Architects (RIBA) se Charles Jencks-prys vir buitengewone bydraes tot die vak. Dit bevestig Aravena se status, op ‘n betreklike vroeë ouderdom, as een van die invloedrykste eietydse argitekte.

Alejandro Aravena

Aravena (51) het twee jaar gelede ook die Pritziker-prys, die ekwivalent in argitektuur van die Nobel-prys, ontvang. Hy is bekend vir goeie ontwerp, maar veral ook vir innoverende oplossings vir leefbare ruimtes vir mense in woningnood.

New Tate St Ives by Jamie Fobert Architects with Evans & Shalev. Photo by Nick Hufton

Onder sy kuratorskap het die Biënnale in Venesië in 2016 weggebreek van die gebruik om na binne te kyk en fynere aspekte van argitektuur te verken. Onder sy leiding was daar ‘n wending om meer argitekte by die wêreldwye tekort aan behuising betrokke te kry; asook by migrasie; by krotbuurte; by vermorsing van beskikbare bronne; en by rampe.

ELEMENTAL, sosiale behuising in Chile

Elemental – sosiale behuising in Meksiko

David Gloster, voorsitter van RIBA,  motiveer die toekenning aan Aravena só: “Working creatively across polarities of architectural expression and interest means that Aravena’s work is unpredictable, diverse, and unafraid to explore the unfamiliar.”

Leave a Reply